Judges 8:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gewig van die goue oorringe wat hy gevra het, was duisend sewe honderd sikkels goud; behalwe versierings en halsbande en purper klere wat aan die konings van Mídian was, en by die kettings wat om hulle kamele se nekke was.
Afrikaans (NLV) 2011 Die goue oorringe wat Gideon gekry het, het negentien en ’n half kilogram geweeg. Dit het nie die halfmaantjies, hangertjies, klere van die Midianitiese konings en die kettinkies rondom die kamele se nekke ingesluit nie.
Afrikaans 1933/1953 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentien honderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van M¡dian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.
Afrikaans 1983 Die gewig van die goue oorringe wat Gideon gevra het, was negentien en 'n half kilogram. Die maanversierings, oorbelle en pers klere van die Midianitiese konings was nie daarby gereken nie en ook nie die kettinkies rondom die kamele se nekke nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was eenduisend sewehonderd sikkel goud; dit was afgesien van die halfmaantjies, die oorbelle en die purperrooi kledingstukke wat die Midianitiese konings gedra het, en afgesien van die kettinkies wat aan hulle kamele se nekke was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die goue oor-ringe wat Gideon gekry het, het 1 700 sikkels geweeg. Hy het ook die juwele en die mooi klere van die konings van Midian gekry, en die kettings wat om hulle kamele se nekke was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die goue oorringe wat Gideon bymekaargemaak het, het ongeveer twintig kilogram geweeg. Dit het nie eens die ornamente, oorbelle en pers koninklike klere ingesluit nie, en ook nie die kettings wat om die kamele se nekke was nie.