Judges 8:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle antwoord: Ons sal hulle gewillig gee. En hulle het 'n kleed uitgesprei en elkeen die ringe van sy buit daarin gegooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons gee dit met graagte vir jou,” het hulle geantwoord. Hulle het ’n mantel oopgegooi. Elkeen het uit sy buit ’n oorring daarin gegooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het 'n mantel uitgesprei en elkeen 'n ring van sy buit daarop gegooi. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het geantwoord: “Dit doen ons graag.” Hulle het 'n doek oopgegooi en elkeen het 'n oorring uit sy buit daarop gegooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ons gee dit graag!” sê hulle, en sprei 'n oorkleed oop. Elkeen het 'n ring uit sy buit daarop gegooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het gesê: “Goed, ons sal gee wat jy vra.” Hulle het toe 'n bo-kleed oopgegooi en elkeen het daarop 'n oor-ring gegooi van die goed wat hulle van die vyand gevat het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dit sal ons vir jou doen,” het die volk gesê. Hulle het ’n doek op die grond oopgesprei en elkeen het ’n goue oorring daarop gegooi. |