Judges 8:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Gideon vir hulle: Ek wil van julle 'n versoek begeer dat julle vir my elkeen die oorringe van sy buit moet gee. (Want hulle het goue oorringe gehad, want hulle was Ismaeliete.)
Afrikaans (NLV) 2011 Gideon het egter gesê: “Daar is tog een ding wat ek van julle wil vra: Laat elkeen van julle asseblief vir my ’n oorring gee uit die buit wat hy gemaak het.” Die vyand het goue oorringe gedra, want hulle was Ismaeliete.
Afrikaans 1933/1953 Verder het G¡deon vir hulle gesê: Ek wil aan julle 'n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Ismaeliete was.
Afrikaans 1983 Gideon het verder vir hulle gesê: “Ek wil julle egter een ding vra: elkeen van julle moet vir my 'n oorring gee uit die buit wat julle by die Midianiete afgevat het; hulle dra mos goue oorringe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gideon het ook vir hulle gesê: “Ek wil aan julle 'n versoek rig: Gee elkeen vir my 'n ring uit sy buit.” Die Midianiete het goue ringe gehad, want hulle was Ismaeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ek wil vir julle iets vra: Julle moet elkeen vir my 'n oor-ring gee van die goed wat julle van die vyande gevat het.” Die vyande was Ismaeliete en hulle het oor-ringe gedra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ek het wel ’n ander versoek. Elkeen van julle moet vir my een van die goue oorringe gee wat ons by die Midianiete afgevat het.” Die Midianiete het graag goue oorringe gedra.