Judges 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die manne van Israel vir Gideon: Heers oor ons, jy sowel as jou seun en ook jou seun se seun, want jy het ons uit die hand van Mídian verlos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het toe vir Gideon kom sê: “Jy en jou nageslag moet as konings oor ons regeer. Jy het ons van Midian bevry.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê die manne van Israel vir G¡deon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het vir Gideon gesê: “Jy moet oor ons regeer: jy, jou seun en sy nageslag. Jy het ons gered uit die mag van Midian.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van Israel het toe vir Gideon gesê: “Heers oor ons, u sowel as u seun en kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het vir Gideon gesê: “Jy moet nou oor ons regeer, jy en jou nageslag ná jou, want jy het ons gered van die Midianiete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die Israeliete vir Gideon gesê: “Jy en jou seun en die res van jou familie moet ons leiers wees, want jy het ons van die Midianiete verlos.” |