Judges 8:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Seba en Salmunna: Staan op en val op ons, want soos die mens is, so is sy krag. En Gideon het opgestaan en Seba en Salmunna gedood en die versierings wat op hulle kamele se nekke was, weggeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sebag en Salmunna spot toe vir Gideon: “Jy moet ons maar self doodmaak. Soos ’n man is, so is sy krag.” Gideon het opgestaan en vir Sebag en Salmunna doodgemaak. Hy het die kettinkies aan hulle kamele se nekke vir hom gevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Seba en S lmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. G¡deon het toe opgestaan en Seba en S lmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Sebag en Salmunna vir Gideon: “Kom jy, bring jy ons om die lewe. 'n Man se krag lê in homself.” Gideon het opgestaan en vir Sebag en Salmunna doodgemaak. Hy het die maanversierings aan hulle kamele se nekke vir hom gevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sebag en Salmunna sê toe: “Staan jý op en val ons aan, want iemand se krag wys of hy 'n man is. ” Gideon staan toe op en maak Sebag en Salmunna dood. Hy het die halfmaantjies gevat wat aan die nekke van hulle kamele was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sebag en Salmunna het gesê: “Gideon, jy self moet ons doodmaak, want jy is 'n man en jy is sterk.” Gideon het toe vir Sebag en Salmunna doodgemaak, en hy het die goue kettings om hulle kamele se nekke vir homself gevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Sebag en Salmunna vir Gideon: “Maak jy ons self dood. Moenie ’n kind vra om ’n man se werk te doen nie.” Gideon het toe hulle albei self doodgemaak. Hy het hulle kamele se versierings vir homself gevat. |