Judges 8:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir Jeter, sy eersgeborene: Staan op en maak hulle dood. Maar die jong man het nie sy swaard uitgetrek nie, want hy was bang, want hy was nog 'n jongmens. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon het toe vir sy oudste seun Jeter geroep: “Kom hier, kom maak hulle dood!” Die seun wou egter nie sy swaard uittrek nie. Hy was bang omdat hy nog maar ’n seun was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog 'n seun. |
| Afrikaans 1983 | Toe beveel Gideon sy oudste seun Jeter: “Kom, maak hulle dood!” Maar die seun het nie 'n vinger verroer nie, want hy was 'n blote kind en hy was bang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê hy vir Jeter, sy eersgeborene: “Staan op; maak hulle dood!” Die jong man het egter nie sy swaard getrek nie, want hy was bang – hy was immers nog maar 'n seun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê toe vir sy oudste seun Jeter: “Kom, maak hulle dood.” Maar die jongman het nie sy swaard uitgehaal nie. Hy was bang, want hy was nog jonk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon sê toe vir sy oudste seun, Jeter: “Kom maak hulle dood!” Maar hy het nie ’n vinger verroer om sy swaard uit te trek nie. Hy was te bang, want hy was nog ’n bloedjong kind. |