Judges 8:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die afoes van die druiwe van Efraim nie beter as die oesjaar van Abiëser nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir hulle gesê: “Hoe is ek nou beter daaraan toe as julle? Was die finale oes van Efraim nie beter as die oes van Abiëser nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Abiëser nie? |
| Afrikaans 1983 | maar hy het vir hulle gesê: “Wat het ek gedoen in vergelyking met julle? Was die na-oes van Efraim se druiwe nie in hierdie geval baie beter as die volle oes van Abiëser nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir hulle gesê: “Wat het ek nou eintlik vermag in vergelyking met julle? Is Efraim se naoes nie beter as Abiëser se druiweoes nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hy het vir hulle gesê: “Julle het baie meer gedoen as ek. Die mense van die Efraim-stam het later gekom maar hulle het meer gedoen as die familie Abiëser. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hy het vir hulle gesê: “Wat ek gedoen het, is niks in vergelyking met wat julle reggekry het nie. Selfs die klein bietjie wat die mense van Efraim gedoen het, is baie meer werd as alles wat my familie gedoen het. |