Judges 8:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Hulle was my broers, die seuns van my moeder; so waar as die HERE leef, as julle hulle in die lewe gered het, sou ek julle nie doodmaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle was my eie bloedbroers,” het Gideon vir hulle gesê. “So waar as die Here leef, ek sou julle laat bly leef het as julle hulle nie vermoor het nie.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder. So waar as die HERE leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.
Afrikaans 1983 Gideon sê toe: “Hulle was my eie broers. So seker as die Here leef, ek sou julle laat bly lewe het as julle hulle nie vermoor het nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Gideon: “Dit was my broers, seuns van my ma. So waar as die Here leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodgemaak het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gideon het gesê: “Hulle was my eie broers. So seker soos die Here lewe, as julle hulle nie doodgemaak het nie, dan sou ek julle nie doodgemaak het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Gideon: “Hulle was my eie broers. So seker as wat die Here leef, as julle hulle nie vermoor het nie, sou ek julle ook laat leef het.”