Judges 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir Seba en Salmunna: Watter manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos jy is, so was hulle; elkeen het soos die kinders van 'n koning gelyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Gideon vra toe vir Sebag en Salmunna: “Hoe het die mans gelyk vir wie julle by Tabor doodgemaak het?” Hulle het geantwoord: “Hulle het almal soos u gelyk. Almal het gelyk of hulle koningskinders is.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het Seba en S lmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.
Afrikaans 1983 Toe het Gideon vir Sebag en Salmunna gevra: “Watter soort mense is deur julle vermoor op Tabor?” en hulle antwoord: “Hulle was almal soos u, elkeen het soos 'n koningskind gelyk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het hy vir Sebag en Salmunna gevra: “Van waar was die manne wat julle by Tabor doodgemaak het?” Hulle sê toe: “Hulle was soos u; elkeen met die voorkoms van 'n koningseun.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Gideon vir Sebag en Salmunna gevra: “Hoe het die mans gelyk wat julle in Tabor doodgemaak het?” Sebag en Salmunna sê toe: “Hulle het gelyk soos jy. Hulle het gelyk of hulle 'n koning se seuns is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vra Gideon vir Sebag en Salmunna: “Hoe het die mense gelyk wat julle in Tabor vermoor het?” Hulle het geantwoord: “Hulle het almal soos u gelyk, dit het gelyk of hulle van koninklike afkoms was.”