Judges 8:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die oudstes van die stad en die dorings van die woestyn en distels geneem en daarmee die manne van Sukkot geleer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het toe die leiers van die stad gevat en hulle met die haakdorings en steekdorings uit die woestyn ’n les of twee geleer.
Afrikaans 1933/1953 Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee 'n les geleer.
Afrikaans 1983 Toe het hy die leiers van die stad gevat en hulle 'n les geleer met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy neem toe die oudstes van die dorp, en ook woestyndorings en braambosse. Hy het die manne van Sukkot daarmee laat kennis maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gideon het woestyndorings gevat en hy het die leiers van Sukkot daarmee geslaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe die leiers van die stad gevat en hulle ’n les geleer deur hulle goed toe te takel met doringtakke en haakdorings, soos hy belowe het.