Judges 8:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het by die manne van Sukkot gekom en gesê: Daar is Sebah en Salmunna, met wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die hande van Sebah en Salmunna nou in jou hand, dat ons brood kan gee aan jou manne wat moeg is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon het toe by die mense van Sukkot gekom en vir hulle gesê: “Hier is Sebag en Salmunna. Julle het mos vol leedvermaak vir my gesê: ‘Vang eers vir Sebag en Salmunna voor ons vir jou moeë manne kos gee.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en S lmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van S lmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee? |
| Afrikaans 1983 | Gideon is toe na die mense van Sukkot toe en hy het vir hulle gesê: “Hier is Sebag en Salmunna oor wie julle my gespot het toe julle gesê het: Is Sebag en Salmunna al in jou mag dat ons vir jou moeë manne kos moet gee?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Gideon by die manne van Sukkot kom, sê hy vir hulle: “Kyk, hier is Sebag en Salmunna, oor wie julle my gespot het met die woorde, ‘Is die handpalms van Sebag en Salmunna nou al in jou hand, dat ons aan jou moeë manne brood moet gee?’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Gideon by die Sukkot-mense gekom en hy het vir hulle gesê: “Julle het my gespot en gesê: ‘Jy maak of jy al klaar gewen het teen Sebag en Salmunna. Hoekom moet ons vir jou manne brood gee?’ Hier is Sebag en Salmunna nou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon is toe terug na die leiers van Sukkot toe. Daar aangekom, sê hy vir hulle: “Hier is Sebag en Salmunna oor wie julle my die vorige keer gespot het met die woorde: Het jy dalk al vir Sebag en Salmunna gevang dat ons vir jou moeë soldate kos moet gee?” |