Judges 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het 'n jongman van die manne van Sukkot gevang en hom geraadpleeg; en hy het die vorste van Sukkot en sy oudstes aan hom beskryf, sewentig man.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ’n seun uit Sukkot gevang. Hy het hom die name van die 77 leiers van Sukkot laat neerskryf.
Afrikaans 1933/1953 vang hy 'n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en die het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewe en sewentig man.
Afrikaans 1983 Hy het 'n jong man uit Sukkot gevang en hom ondervra. Die jong man het toe vir hom die name van die sewe en sewentig amptenare en leiers van Sukkot opgeskryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het hy 'n jong man van die manne van Sukkot gevang. Hy het hom uitgevra, en die jong man het vir hom die name van die aanvoerders van Sukkot en sy oudstes neergeskryf – sewe-en-sewentig man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het 'n seun van die Sukkot-mense gevang en hy het vir die seun gevra wie die amptenare en leiers van die stad is. Die seun het vir Gideon die name opgeskryf van 77 amptenare en leiers van die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het hy ’n jong man van Sukkot gevang. Tydens ondervraging het hy hom gedwing om die name van die 77 leiers en hoofde van Sukkot vir hom neer te skryf.