Judges 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Seba en Sálmuna gevlug het, het hy hulle agternagesit en die twee konings van Mídian, Seba en Sálmuna, geneem en die hele leër in verwarring gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Sebag en Salmunna het gevlug. Gideon is agter hulle aan en het die twee Midianitiese konings gevang. Hulle leër het paniekbevange geword.
Afrikaans 1933/1953 En Seba en S lmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en die twee konings van M¡dian, Seba en S lmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het.
Afrikaans 1983 Sebag en Salmunna het gevlug, maar Gideon het hulle agternagesit en die twee Midianitiese konings gevang. Hy het die hele leër met skrik vervul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Sebag en Salmunna vlug, het hy hulle agtervolg. Hy het die twee konings van die Midianiete, Sebag en Salmunna, gevang, en die hele leër is deur vrees oorweldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sebag en Salmunna het gevlug, maar Gideon het hulle gejaag en gevang. Al die ander mense in hulle kamp het so geskrik dat hulle niks kon doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sebag en Salmunna het probeer vlug, maar Gideon het hulle agternagesit en hulle gevang. Dit het die hele leër paniekbevange gemaak.