Judges 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Gídeon het opgetrek met die pad van die tentebewoners oos van Noba en Jogbeha en die leër verslaan, want die leër was veilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon het toe met die karavaanroete oos van Nobag en Jogboha verbygegaan en die leër van die Midianiete onverhoeds aangeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | En G¡deon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste van Nobag en Jogbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leër gerus was. |
| Afrikaans 1983 | Gideon het toe die Nomadepad ooste toe gevat, na Nobag en Jogboha toe. Die leër van die Midianiete was houtgerus en Gideon het hulle aangeval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gideon het toe opgetrek met die pad van die nomade, aan die oostekant van Nobag en Jogboha. Hy het die leër aangeval terwyl hulle houtgerus was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon het met die Nomade-pad gegaan oos van die stede Nobag en Jogboha, en hy het die kamp van Sebag en Salmunna aangeval toe hulle dit nie verwag het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon het met die karavaanroete ooswaarts gegaan tot by Nobag en Jogboha, waar hy die Midianitiese leër onverhoeds betrap het. |