Judges 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Seba en Salmunna was in Karkor, en hulle leërs saam met hulle, omtrent vyftien duisend man, almal wat oorgebly het van al die leërs van die kinders van die Ooste; want daar het honderd-en-twintigduisend man geval wat die swaard uittrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Sebag en Salmunna was op daardie stadium in Karkor met hulle leër van ongeveer 15 000 man. Dit was al die soldate wat oorgebly het van die magte van die mense uit die ooste. Daar is al 120 000 van hulle manskappe dood.
Afrikaans 1933/1953 Seba en S lmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftien duisend, al wat oor was uit die hele leër van die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd en twintig duisend man wat die swaard kon uittrek.
Afrikaans 1983 Sebag en Salmunna was toe in Karkor. By hulle was 'n leër van ongeveer vyftien duisend man. Dit was al wat oorgebly het van die leër van die mense uit die ooste; honderd en twintig duisend van hulle beste soldate het gesneuwel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sebag en Salmunna was in Karkor. Hulle leër was saam met hulle, ongeveer vyftienduisend. Dit was al wat oor was van die hele leër van die mense uit die ooste. Dié wat geval het, was egter honderd-en-twintigduisend, elkeen met 'n swaard gewapen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sebag en Salmunna was by die stad Karkor, en daar was omtrent 15 000 manne by hulle. Net hierdie manne het oorgebly van al die Oosmense. Daar het toe al 120 000 van hulle manne in die oorlog gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen dié tyd was Sebag en Salmunna al in Karkor. Saam met hulle was ’n leër van ongeveer 15 000 soldate. Dit is al soldate wat oorgebly het van die hele weermag van die mense van die ooste, want 120 000 van hulle beste soldate was reeds dood.