Judges 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van Efraim sê vir hom: Waarom het jy ons so gedien dat jy ons nie geroep het toe jy getrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het skerp met hom gekibbel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Efraimiete het vir Gideon gevra: “Hoekom het jy so met ons gemaak? Hoekom het jy ons nie ook opgeroep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?” Hulle het verskriklik met Gideon baklei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis. |
| Afrikaans 1983 | Toe vra die Efraimiete vir Gideon: “Waarom het jy so gemaak met ons? Waarom het jy ons nie opgeroep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?” Die Efraimiete het teen hom uitgevaar, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van Efraim het egter vir hom gesê: “Wat het jy ons aangedoen, om ons nie op te roep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?” Hulle het heftig teen hom uitgevaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die Efraim-stam vra toe vir Gideon: “Hoekom het jy dit met ons gedoen? Hoekom het jy ons nie geroep toe jy gegaan het om teen die Midianiete oorlog te maak nie?” Hulle was baie kwaad vir Gideon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe vra die Efraimiete vir Gideon: “Waarom het jy ons geïgnoreer? Hoekom het jy ons nie ook laat kom toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?” Hulle was baie omgekrap daaroor. |