Judges 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy die volk na die water laat afsak, en die HERE het vir Gídeon gesê: Elkeen wat met sy tong van die water lek soos 'n hond lek, hom moet jy alleen sit; so ook elkeen wat op sy knieë buig om te drink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon is toe met die manskappe af na die water toe. Daar het die Here vir hom gesê: “Sit dié wat die water uit hulle hand soos ’n hond met hulle tonge opslurp, eenkant. Skei hulle van dié wat op hulle knieë gaan om die water te drink.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy bring toe die manskappe af na die water; en die HERE sê vir G¡deon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Gideon die manne afgevat water toe en daar het die Here vir hom gesê: “Elkeen wat water drink soos 'n hond dit met sy tong oplek, moet jy skei van dié wat kniel om te drink.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die manskappe laat afgaan na die water. Die Here sê toe vir Gideon: “Almal wat met hulle tong van die water oplek soos 'n hond dit oplek, moet jy apart hou van almal wat op hulle knieë afsak om te drink.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon het toe die manne laat afgaan na die water, en die Here het vir hom gesê: “Party manne sal water skep met hulle hande soos 'n hond water oplek met sy tong. Jy moet hulle apart laat staan, nie by die ander manne wat kniel om water te drink nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon is toe met sy soldate af fontein toe. Toe hulle daar kom, sê die Here vir hom: “Deel die soldate in twee groepe. Maak ’n eerste groep uit al die soldate wat soos ’n hond water drink deur dit met die tong uit hulle hande op lek. Maak ook ’n tweede groep van al die soldate wat op hulle knieë gaan staan en water drink.” |