Judges 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Gídeon: Die volk is nog te veel; bring hulle af na die water, en Ek sal hulle daar vir jou op die proef stel en van elkeen wat Ek vir jou sê: Dit mag nie met jou saamgaan nie, hy mag nie gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir Gideon: “Hulle is nog steeds te veel. Vat hulle af na die water toe. Ek sal daar vir jou uitsoek watter saam met jou moet gaan en watter nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan -- die mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie -- die mag nie gaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die Here vir Gideon: “Daar is nog te veel. Vat hulle af water toe, en daar sal Ek hulle vir jou sif. As Ek vir jou sê: ‘Hierdie een moet saamgaan’, moet hy met jou saamgaan, maar elkeen van wie Ek vir jou sê: ‘Hierdie een mag nie saamgaan nie’, hy mag nie met jou saamgaan nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê die Here vir Gideon: “Die manskappe is nog te veel. Laat hulle afgaan na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsif. Elkeen van wie Ek vir jou sê, ‘Hierdie een moet met jou saamgaan’, hy moet met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek vir jou sê, ‘Hierdie een moet nie met jou saamgaan nie’, hy mag nie met jou saamgaan nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Gideon gesê: “Die manne is nog te veel. Laat hulle afgaan na die water, dan sal Ek hulle daar uitsoek. Ek sal vir jou sê wie mag saamgaan met jou en wie nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir Gideon: “Daar is nog te veel soldate! Vat hulle af na die fontein toe, daar sal Ek hulle vir jou skei. Ek sal vir jou wys wie moet saamgaan en wie moet bly.” |