Judges 7:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het twee vorste van die Midianiete geneem, Oreb en Seëb; en hulle het Oreb op die rots Oreb gedood, en Seëb het hulle by die parskuip van Seëb gedood en die Midianiete agtervolg en die koppe van Oreb en Seëb na Gideon gebring oorkant die Jordaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het Oreb en Seëb, die aanvoerders van die Midianiete, gevang. Die Israeliete het Oreb by die Orebrots en Seëb in die Seëbparskuip doodgemaak. Hulle het die Midianiete verder agtervolg. Ná die tyd het hulle die koppe van Oreb en Seëb na Gideon toe gebring duskant die Jordaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na G¡deon gebring, oorkant die Jordaan. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het twee leiers van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb. Efraim het vir Oreb doodgemaak op die Orebrots en vir Seëb in die Seëbparskuip. Nadat Efraim die Midianiete klaar agtervolg het, het hulle die koppe van Oreb en Seëb na Gideon toe gebring wes van die Jordaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die twee •aanvoerders van die Midianiete, Oreb en Seëb, gevang. Hulle het Oreb doodgemaak by die rots van Oreb, en Seëb het hulle doodgemaak by die parskuip van Seëb. Hulle het die Midianiete agtervolg, en die koppe van Oreb en Seëb het hulle na Gideon gebring van oorkant die Jordaan af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die twee generaals van die Midianiete gevang. Die generaals se name was Kraai en Wolf. Hulle het vir Kraai doodgemaak by Kraairots, en vir Wolf by die Wolf- parskuip. Nadat hulle klaar die Midianiete gevolg en gejaag het, het hulle Kraai en Wolf se koppe vir Gideon gebring anderkant die Jordaan-rivier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die twee Midianitiese generaals, Oreb en Seëb, gevange geneem. Vir Oreb het hulle by die rots van Oreb doodgemaak en vir Seëb by die parskuip van Seëb. Hulle het die Midianiete verder agtervolg. Daarna het die soldate van Efraim die koppe van Oreb en Seëb vir Gideon gebring waar hy aan die westekant van die Jordaanrivier was. |