Judges 7:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Gídeon het boodskappers deur die hele gebergte van Efraim gestuur om te sê: Trek af teen die Midianiete en neem die waters voor hulle uit tot by Bet-bara en die Jordaan. Toe het al die manne van Efraim bymekaargekom en die water ingeneem tot by Bet-bara en die Jordaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon het boodskappers uitgestuur na die heuwels van Efraim toe om te sê: “Kom af en val Midian aan. Sny hulle af by die driwwe van die Jordaan en by Bet-Bara.” Hy het al die manskappe van Efraim opgeroep. Hulle het die driwwe by die Jordaan en Bet-Bara beset. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het G¡deon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan. |
| Afrikaans 1983 | Gideon het boodskappers na die Efraimsberge toe gestuur: “Kom val vir Midian aan, beset die Jordaan tot by Bet-Bara voordat die Midianiete daar kom.” Toe is die Efraimiete opgeroep, en hulle het die Jordaan beset tot by Bet-Bara. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gideon het ook nog boodskappers rondgestuur in die hele berggebied van Efraim om te sê: “Trek af om die Midianiete voor te keer. Beset hulle toegang na die water tot by Bet-Bara, die hele Jordaan. ” So is elke man van Efraim opgeroep, en hulle het die toegang na die water tot by Bet-Bara beset, die hele Jordaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon het ook boodskappers gestuur na al die mense van die Efraim-stam in die berge. Hy het gevra hulle moet die Midianiete vang by al die plekke waar water is, tot by die stad Bet-Bara en die Jordaan-rivier. Hulle het gekom en hulle het dit gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook boodskappers na die bergagtige gebied van Efraim toe gestuur met die opdrag: “Kom af en val die Midianiete aan. Sny hulle af by die vlak dele van die Jordaanrivier tot by Bet-Bara sodat hulle nie kan ontsnap nie.” Die soldate van Efraim het dit gedoen. |