Judges 7:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die driehonderd het op die ramshorings geblaas, en die HERE het elkeen se swaard teen sy maat gesit, ook in die hele leër;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die 300 Israeliete op hulle ramshorings blaas, het die Here veroorsaak dat die mense in die kamp mekaar aanval. Hulle het uit die kamp gevlug tot so ver as Bet-Sitta na Sereda se kant toe en tot by die grens van Abel-Megola naby Tabbat.
Afrikaans 1933/1953 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Ser,da toe, tot by die oewer van Abel-Mehola by Tabbat.
Afrikaans 1983 ***
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het die Here in die hele kamp die een se swaard teen die ander gerig. Die krygsmag het gevlug tot by Bet-Sitta, in die rigting van Sereda, tot op die oewer van die Megolastroom by Tabbat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die manne die 300 ramshorings blaas, het die Midianiete mekaar begin doodmaak. Die Here het hulle dit laat doen. Hulle het gevlug tot by die stad Bet-Sitta naby Serera en tot by die grens van die grond van die stad Abel-Megola by Tabbat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want terwyl Gideon se soldate op hulle trompette geblaas het, het die Here die vyand se soldate onder mekaar laat baklei. Dié wat nie in hierdie geveg dood is nie, het in die rigting van Sereda tot so ver as Bet-Sitta gevlug en ander weer tot by die grens van Abel-Megola, naby Tabbat.