Judges 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het elkeen op sy plek rondom die laer gaan staan, en die hele leër het gehardloop en geroep en gevlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen was op sy pos reg rondom die kamp. Hulle het gesien hoe die hele kamp vervaard rondskarrel en paniekerig skreeu. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug. |
| Afrikaans 1983 | [21-22] Hulle het rondom die kamp gestaan, elkeen op sy pos. Toe die drie honderd man die ramshoring blaas, het die hele kamp op die vlug geslaan, hulle het geskreeu en gehardloop, en toe het die Here dit bewerk dat hulle mekaar daar in die kamp doodmaak. Die kamp se mense het gevlug tot by Bet-Sitta na Sereda se kant toe, tot by die grens van Abel-Megola naby Tabbat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het bly staan, elkeen waar hy was, rondom die kamp. Die hele kamp het rondgehardloop, geskreeu en op die vlug geslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon se manne het rondom die kamp gestaan, elkeen op sy plek. Die mense in die kamp het opgespring en geskree en begin hardloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon se soldate het almal op hulle plekke rondom die kamp bly staan en kyk hoe die vyandelike soldate doodbang weghardloop. |