Judges 7:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die drie lede het op die trompette geblaas en die kruike verbreek en die lampe in hulle linkerhand en die basuine in hulle regterhand gehou om mee te blaas; en hulle het uitgeroep: Die swaard van die HERE en van Gídeon! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al drie afdelings het op hulle ramshorings geblaas en die erdepotte gebreek. Hulle het die fakkels in hulle linkerhand gehou en die ramshorings in hulle regterhand. Hulle het begin skreeu: “’n Swaard vir die Here en vir Gideon!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van G¡deon! |
| Afrikaans 1983 | Al drie afdelings het dit gedoen: hulle het die fakkels in die linkerhand gehou en die ramshorings met die regterhand om dit te blaas. Toe roep hulle: “Die swaard van die Here en Gideon!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die drie eenhede het tegelyk op die ramshorings geblaas, die kruike gebreek, in hulle linkerhande die fakkels gehou, en in hulle regterhande die ramshorings om daarop te blaas. Hulle het uitgeroep: “'n Swaard van die Here en van Gideon!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het die ander groepe manne ook hulle ramshorings geblaas en hulle kruike stukkend geslaan. Hulle het die fakkels met die linker-hand vasgehou en met die regter-hand het hulle die ramshorings vasgehou waarop hulle geblaas het. Hulle het geskree: “Die Here en Gideon kom oorlog maak!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander twee groepe het presies dieselfde gedoen. Hulle het hulle fakkels in hulle linkerhand vasgehou en hulle trompette in die regterhand en hard geskree: “Die swaard vir die Here en vir Gideon!” |