Judges 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Gídeon: Die volk wat by jou is, is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee, sodat Israel hulle nie teen My grootmaak en sê: My eie hand het my gered nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir Gideon: “Jy het te veel soldate by jou. As Ek die Midianiete met soveel manskappe aan jou oorgee, sal die Israeliete teenoor My beweer dat hulle hulleself met hulle eie mag bevry het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Gideon gesê: “Ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie. Israel sal teenoor My spog en sê: ‘Ek het myself gered.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sê toe vir Gideon: “Die manskappe wat by jou is, is vir My te veel om die Midianiete in hulle hand te gee, anders spog Israel teenoor My en sê, ‘My eie hand het my verlos.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Gideon gesê: “Jy het te veel manne by jou. As ek hulle laat wen teen die Midianiete, dan sal die Israeliete spog en sê hulle het hulleself gered. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir Gideon: “Jy het te veel soldate by jou. As Ek jou toelaat om met so baie soldate teen die Midianiete te veg, sal die Israeliete later spog dat hulle sterk genoeg was om op hulle eie die oorwinning te behaal. |