Judges 7:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Gideon en die honderd man wat by hom was, het aan die buitekant van die laer aan die begin van die middelste wag gekom; en hulle het die wag net pas gestel, en hulle het op die ramshorings geblaas en die kruike wat in hulle hande was, verbreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon en die 100 manskappe by hom het tot op die kant van die kamp gegaan. Dit was net na middernag. Die wagte vir die middelste nagwag het toe pas omgeruil. Hulle het toe op die ramshorings geblaas en die erdepotte stukkend geslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom G¡deon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het. |
| Afrikaans 1983 | Gideon en die honderd man by hom het tot by die onderpunt van die kamp gegaan. Dit was in die nag, aan die begin van die middelste wagaflos, en die wagte was net klaar omgeruil. Toe blaas Gideon-hulle die ramshorings en breek die erdekruike. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gideon en die honderd man wat by hom was, kom toe by die kant van die kamp aan teen die begin van die middelste nagwaak, net toe die wagte behoorlik opgestel was. Hulle blaas toe op die ramshorings en breek die kruike wat in hulle hande was, stukkend. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon en die 100 manne by hom het by die kamp aangekom toe die middel-wagbeurt begin het, net nadat die nuwe wagte op hulle plekke kom staan het. Toe Gideon en die manne by hom die ramshorings blaas en die kruike stukkend slaan, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was net na middernag, na die wagte omgeruil het, toe Gideon en die 100 soldate saam met hom by die grens van die kamp aankom. Hulle het skielik op hulle trompette geblaas en die kleipotte stukkend gebreek. |