Judges 7:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek op die basuin blaas, ek en almal wat by my is, dan blaas julle ook op die ramshorings aan alle kante van die hele laer, en sê: Die swaard van die HERE en van Gídeon! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ek en almal by my op die ramshorings blaas, moet julle aan die ander kant van die kamp ook op julle ramshorings begin blaas. Skreeu dan: ‘Vir die Here en vir Gideon!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir G¡deon! |
| Afrikaans 1983 | As ek en almal by my die ramshoring blaas, moet julle almal wat rondom die kamp is, dit ook doen en dan moet julle uitroep: Vir die Here en vir Gideon!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer ek en almal wat by my is op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas, rondom die hele kamp, en julle moet skreeu, ‘Vir die Here en vir Gideon!’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek en almal by my sal die ramshorings blaas, en dan moet julle ook rondom die Midianiete se kamp julle ramshorings blaas en julle moet skree: ‘Vir die Here en vir Gideon.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek en die groep by my op ons trompette blaas, moet julle ander wat reg rondom die kamp is, dit ook begin doen en skree: ‘In die Naam van die Here en Gideon!’” |