Judges 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Kyk na my en doen net so; en kyk, as ek by die buitekant van die laer kom, moet julle doen soos ek doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê hy vir sy manskappe: “Kyk mooi wat ek doen. Wanneer ek by die kamp kom, moet julle presies maak soos ek. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê hy vir sy manne: “Let mooi op wat julle moet doen: as ek by die onderpunt van die kamp kom, moet julle doen wat ek doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê vir hulle: “Hou my dop, en maak so: Doen presies wat ek doen wanneer ek by die kant van die kamp kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir hulle gesê: “Julle moet kyk wat ek doen en dan moet julle dieselfde doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê hy vir hulle: “Hou my dop. Sodra ek by die grens van die kamp kom, moet julle presies doen wat ek doen. |