Judges 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die drie honderd man in drie dele verdeel en elkeen 'n basuin in die hand gesit, met leë kruike en lampe binne-in die kruike. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon het die 300 manskappe in drie afdelings verdeel. Hy het vir elke manskap ’n ramshoring in die hand gegee en ook ’n leë erdepot met ’n fakkel daarin. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee |
| Afrikaans 1983 | Gideon het die drie honderd man in drie groepe verdeel en aan elkeen 'n ramshoring en 'n leë erdekruik met 'n fakkel daarbinne gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy verdeel toe die driehonderd man in drie eenhede, en gee vir almal ramshorings in die hand en leë kruike met fakkels in die kruike. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon het die 300 manne verdeel in drie groepe, en hy het vir elke man 'n ramshoring en 'n leë kruik gegee. Daar was 'n fakkel in elke kruik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon het die 300 soldate in drie groepe gedeel. Hy het vir elke soldaat ’n trompet en ’n leë kleipot met ’n fakkel daarin gegee. |