Judges 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Gídeon die vertelling van die droom en die uitlegging daarvan hoor, het hy aanbid en na die leër van Israel teruggekeer en gesê: Staan op! want die HERE het die leër van Mídian in julle hand gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Gideon van die droom hoor en wat dit beteken, het hy die Here gedank. Hy het teruggegaan na die Israeliete se kamp. Hy het sy manskappe opgeroep: “Staan op! Die Here gee die Midianiete oor aan julle.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe G¡deon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand. |
| Afrikaans 1983 | Toe Gideon die droom en sy uitleg hoor, het hy die Here gedank en na die Israeliete se kamp toe teruggegaan en gesê: “Kom, die Here gee die leër van Midian in ons mag oor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Gideon die vertelling oor die droom en die uitleg daarvan hoor, het hy dadelik in aanbidding neergebuig. Hy het na die kamp van Israel teruggegaan en gesê: “Staan op! Want die Here het die kamp van die Midianiete in julle hand gegee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Gideon hoor van die droom en wat dit beteken, het hy gebuig en hy het die Here geprys. Hy het teruggegaan na die kamp van die Israeliete, en gesê: “Kom, die Here sal julle laat wen teen die leër van die Midianiete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Gideon die droom en die betekenis daarvan hoor, het hy vir die Here dankie gesê. Hy is toe terug kamp toe. Daar aangekom, het hy vir die Israeliete gesê: “Kom, die Here het klaar vir ons die oorwinning oor die Midianiete gegee.” |