Judges 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy maat het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gideon, die seun van Joas, 'n man van Israel, want in sy hand het God die Midianiete en die hele leër gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy maat het geantwoord: “Dis niks anders as die swaard van die Israeliet Gideon, die seun van Joas, nie. God gee Midian en almal in sy kamp in sy mag oor.”
Afrikaans 1933/1953 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van G¡deon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.
Afrikaans 1983 Die maat het geantwoord: “Dit is beslis die swaard van die Israeliet Gideon seun van Joas. God gee Midian en sy hele leër in Gideon se mag oor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy vriend antwoord toe en sê: “Dit kan niks anders wees nie as die swaard van Gideon, seun van Joas, die Israeliet. God het die Midianiete en die hele kamp in sy hand gegee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man se maat sê toe: “Dit beteken die Israeliet, Gideon seun van Joas, kom oorlog maak teen ons, en God sal hom laat wen teen die Midianiete en hierdie hele kamp.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy vriend het gesê: “Dit kan net een ding beteken. God het die Midianiete en hulle hele leër in die mag van die Israeliet Gideon die seun van Joas oorgegee!”