Judges 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die dal gelê soos sprinkane in menigte; en hulle kamele was ontelbaar soos die sand langs die see in menigte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Midianiete, die Amalekiete en die ander mense uit die ooste wat op die vlakte toegesak het, was so baie soos sprinkane. Hulle kamele kon nie getel word nie. Hulle was so baie soos sandkorrels op die strand. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte. |
| Afrikaans 1983 | Die Midianiete, die Amalekiete en die ander mense uit die ooste wat die vlakte ingeval het, was so baie soos sprinkane, en die kamele kon nie getel word nie. Hulle was so baie soos die sand aan die see. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Midianiete, die Amalekiete en al die mense uit die ooste het in die vlakte gelê soos groot swerms treksprinkane, en hulle kamele was ontelbaar, so talryk soos die sand wat langs die seestrand is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne in die kamp was gereed om oorlog te maak. Daar was baie Midianiete en Amalekiete en Oosmense in die vallei. Hulle was so baie soos sprinkane. Niemand kon hulle kamele tel nie, want hulle was so baie soos die sand by die see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate van die Midianiete, die Amalekiete en die mense uit die ooste was so baie dat hulle soos ’n swerm sprinkane daar in die vallei gelyk het. Hulle kamele was so baie soos die sandkorrels van die see, te veel om te tel. |