Judges 7:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet hoor wat hulle sê; en daarna sal jou hande versterk word om na die leër af te gaan. Toe het hy saam met sy dienaar Phura afgegaan na die buitekant van die gewapende manne wat in die leër was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister wat hulle vir mekaar sê. Jy sal dan baie moed kry.” Gideon en sy helper Pura is toe af na die kant van die Midianiete se kamp. |
| Afrikaans 1933/1953 | en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was. |
| Afrikaans 1983 | Luister wat hulle sê, dan sal jy moed skep en hulle aanval.” Gideon en sy slaaf Pura is toe sowat vyftig tree in die Midianiete se kamp in. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en luister wat hulle sê. Daarna sal jy die moed hê om af te gaan, in die kamp in.” Toe gaan hy en sy dienaar Pura af tot by die kant van die slagordes wat in die kamp was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en luister na wat hulle praat. Dan sal jy nie meer bang wees om hulle aan te val nie.” Gideon en Pura het toe afgegaan tot by die kant van die kamp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan luister ’n bietjie wat hulle te sê het. Dit sal jou laat moed skep. Daarna sal jy bereid wees om hulle aan te val.” Gideon en Pura is toe daar weg en het tot by die kant van die Midianiete se kamp gekruip. |