Judges 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jerubbaäl, wat Gideon is, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak en laer opgeslaan by die put van Harod, sodat die leër van die Midianiete aan die noordekant van hulle was, by die heuwel More, in die vallei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jerubbaäl, dit is nou Gideon, en al sy manskappe by hom is vroeg die oggend op, en het gaan kamp opslaan by En-Garod. Die Midianiete se kamp was op die vlakte naby die Moré-koppie, noord van hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Jerubbaäl, dit is G¡deon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel More af in die dal. |
| Afrikaans 1983 | Jerubbaäl, dit is Gideon, en al sy manne het vroegmôre klaargemaak en kamp opgeslaan by En-Garod. Die kamp van Midian was noord van Gideon s'n, in die vlakte by Waarsêershoogte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jerubbaäl, dit is Gideon, en al die manskappe wat by hom was, het vroeg opgestaan en kamp opgeslaan by En-Garod. Die kamp van die Midianiete was aan sy noordekant, vanaf die heuwel Morê in die vlakte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon en al die manne by hom het vroeg opgestaan en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad En-Garod. Die Midianiete se kamp was by die Waarsêer-hoogte in die vallei, noord van Gideon se kamp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerubbaäl, dit is nou Gideon, en sy soldate het een oggend vroeg opgestaan en tot by die fontein van Garod getrek, waar hulle kamp opgeslaan het. Die Midianiete se kamp was net noord daarvandaan in die vallei naby die koppie met die naam Moreh. |