Judges 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur het, wat vir hulle gesê het: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle uit die slawehuis uitgelei;
Afrikaans (NLV) 2011 het Hy ’n profeet na hulle gestuur. Hy het vir hulle gesê: “Dit is wat die Here, die God van Israel, vir julle sê: ‘Ek het julle uit Egipte laat trek. Ek het julle bevry van die slawerny in Egipte.
Afrikaans 1933/1953 het die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur, en die het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei
Afrikaans 1983 het Hy 'n man gestuur om onder die Israeliete as profeet op te tree, en hy het vir hulle gesê: “So sê die Here die God van Israel: Ek het julle uit Egipte laat wegtrek en Ek het julle uit die plek van slawerny bevry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het die Here iemand, 'n profeet, na die Israeliete gestuur. Hy het vir hulle gesê: “So sê die Here, die God van Israel, ‘Dit is Ek wat julle uit Egipte laat optrek het; Ek het julle laat wegtrek uit die plek van slawerny.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het die Here 'n profeet na hulle toe gestuur. Die profeet het vir hulle gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Ek het julle uit Egipte gebring waar julle slawe was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het Hy vir hulle ’n profeet gestuur wat vir hulle gesê het: “So sê die Here die God van Israel: Ek het julle uit Egipte gered waar julle slawe was.