Judges 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle het opgetrek met hulle vee en hulle tente, en hulle het soos sprinkane in menigte gekom; want hulle sowel as hulle kamele was ontelbaar, en hulle het in die land ingegaan om dit te vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hordes Midianiete het met hulle veetroppe gekom en soos ’n swerm sprinkane hulle tente oral opgeslaan. Hulle kamele kon nie eers getel word nie. Waar hulle ook al gekom het, het hulle die land kaalgestroop.
Afrikaans 1933/1953 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes.
Afrikaans 1983 Die Midianiete het met hulle veetroppe gekom en kom tent opslaan. Hulle was so baie soos sprinkane: hulle en hulle kamele kon nie getel word nie. Hulle het die land kaalgestroop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hulle, met hulle veetroppe en tente, het opgetrek en soos groot swerms treksprinkane ingekom – hulle en hulle kamele was ontelbaar. Hulle het die land binnegeval om dit te verwoes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Midianiete en die ander vyande het hulle eie skape en bokke en beeste en tente saamgebring. Hulle was so baie soos sprinkane. 'n Mens kon hulle en hulle kamele nie tel nie. Hulle het gekom en hulle het die land verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die soldate van Midian het met al hulle vee en tente gekom. Dit het soos ’n swerm sprinkane gelyk, so baie was hulle. Dit was onmoontlik om hulle en hulle kamele te probeer tel. Hulle het in die land gebly totdat hulle dit kaal gestroop het.