Judges 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het laer opgeslaan teen hulle en die opbrings van die aarde vernietig totdat jy in Gasa kom, en vir Israel geen lewensmiddele nagelaat nie, geen kleinvee of bees of esel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het daar kom kamp opslaan en alles wat in die grond was, vernietig, selfs so ver as tot by Gasa. Hulle het nie ’n ding agtergelaat waarvan Israel kon lewe nie, selfs nie eers ’n skaap of ’n bees of ’n donkie nie.
Afrikaans 1933/1953 slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie.
Afrikaans 1983 Dan slaan die Midianiete kamp op en vernietig die opbrengs van die land selfs tot by Gasa se wêreld. Hulle het nie 'n dier in Israel lewend agtergelaat nie, nie 'n skaap of 'n bees of 'n donkie nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) slaan by hulle kamp op en verwoes die opbrengs van die land tot by Gasa. Hulle laat dan geen lewensmiddele in Israel oorbly nie, ook nie 'n skaap, 'n bees of 'n donkie nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het dan hulle tente opgeslaan en hulle het die hele land verwoes, tot by die stad Gasa. Hulle het niks laat oorbly wat die Israeliete kon eet nie, ook nie skape of beeste of donkies nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan het hulle kamp opgeslaan en al die oeste verwoes tot so ver as by Gasa. Hulle het die Israeliete agterlaat met niks om te eet nie, want hulle het ook die skape, beeste en donkies saam met hulle gevat.