Judges 6:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Gideon vir God: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en ek sal net hierdie een keer spreek; laat my tog toets, maar hierdie een keer met die vlies; laat dit nou net droog word op die vlies, en op die hele grond moet daar dou wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê hy vir God: “Moenie ongeduldig met my word nie. Kan ek nog net een keer vra. Laat die wol hierdie keer droog wees, terwyl die grond rondom vol dou is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het G¡deon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê hy vir God: “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie! Ek wil nog 'n keer iets vra. Laat my tog net nog een toets met die vlieswol toe: net die wol moet droog wees, terwyl daar oral op die grond dou is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Gideon vir God: “Laat u toorn tog nie teen my ontbrand nie. Ek wil net nog een keer praat. Ek wil asseblief net nog 'n keer met die vag 'n toets doen. Laat dit tog net op die vag droog wees, terwyl daar oral op die grond dou is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Gideon het vir God gesê: “U moenie kwaad word vir my nie, ek wil nog een maal iets vra, ek wil U nog een maal toets met die wol. U moet die wol droog laat bly, en môre-oggend moet die dou op die grond wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Gideon vir God: “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie, maar ek wil graag nog een keer ’n guns vra. Kan ek vra dat die mat hierdie keer droog bly en die grond rondom nat van die dou moet wees?” |