Judges 6:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit was so: want hy het die volgende dag vroeg opgestaan en die vlies saamgestoot en die dou uit die vlies gewring, 'n bak vol water.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het so gebeur. Gideon het die volgende môre vroeg opgestaan. Hy het die wol uitgedruk en ’n hele bak vol water daaruit gewring.
Afrikaans 1933/1953 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water.
Afrikaans 1983 En dit het toe gebeur: toe Gideon die volgende môre opstaan, het hy die stukkie wol uitgedraai en dou daaruit gedruk, 'n hele kom vol water.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was toe so: Toe hy vroeg die volgende oggend die vag uitwring, het hy 'n kom vol water uit die vag gepers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het toe gebeur. Toe Gideon die volgende oggend opstaan en die dou uit die wol druk, het daar 'n skottel vol water uit die wol gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is presies wat gebeur het. Toe Gideon die volgende môre opstaan en die mat uitdroog, het hy ’n hele skottel vol water uitgedruk.