Judges 6:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hy hom op dié dag Jerubbaäl genoem en gesê: Laat Baäl teen hom pleit, want hy het sy altaar afgebreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van daardie dag af het hulle Gideon “Jerubbaäl” genoem. Dit beteken: “Laat Baäl self sy saak behartig.” Dit is Gideon wat Baäl se altaar afgebreek het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het hy hom op die dag Jerubbaäl genoem en gesê: Laat Baäl teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag het hulle vir Gideon genoem Jerubbaäl, “want,” het hulle gesê, “laat Baäl self sy saak teen Gideon behartig, want dis hý wat Baäl se altaar afgebreek het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag het hulle vir Gideon die naam Jerubbaäl gegee, met die woorde: “Laat Baäl teen hom die stryd voer, want hy het sy altaar afgebreek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joas het daardie dag gesê Gideon se naam is nou Jerub-Baäl, want Baäl moet homself beskerm teen Gideon wat sy altaar afgebreek het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het Gideon toe Jerubbaäl genoem, “want,” het hulle gesê, “laat Baäl self sy probleem met Gideon oplos, want dit is mos Gideon wat sy altaar afgebreek het.” |