Judges 6:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, kyk, was die altaar van Baäl omgegooi, en die bos wat daarby was, is afgekap, en die tweede bul is geoffer op die altaar wat gebou is.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die mense van die stad vroeg die volgende môre opstaan, sien hulle dat Baäl se altaar afgebreek is en die gewyde paal daar langsaan afgekap is. Die tweede bul was ’n brandoffer op die nuutgeboude altaar.
Afrikaans 1933/1953 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Baäl daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was!
Afrikaans 1983 Toe die stad se mense die volgende môre opstaan, was Baäl se altaar afgebreek en die gewyde paal daar langsaan afgekap en was die bul 'n brandoffer op die altaar wat gebou is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die manne van die dorp vroeg die oggend opstaan – kyk, die altaar van Baäl is afgebreek, die asjera wat langsaan was, is afgekap, en die tweede bul is as brandoffer gebring op die nuutgeboude altaar!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van die stad het die volgende oggend vroeg opgestaan. En wat het hulle gesien? Iemand het die Baäl-altaar afgebreek en die gewyde paal afgekap en 'n nuwe altaar gebou en die bul ge-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die dorpsmense die volgende oggend wakker word, het hulle agtergekom dat die Baälaltaar en die Asjerapaal wat langsaan gestaan het, afgebreek is. In die plek daarvan was daar ’n splinternuwe altaar met die oorblyfsels van ’n brandoffer daarop.