Judges 6:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gideon het toe tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; en omdat hy die huis van sy vader en die manne van die stad gevrees het, dat hy dit bedags nie kon doen nie, het hy dit gedoen en dit in die nag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon het tien mans uit sy wer-kers gevat en gedoen wat die Here vir hom gesê het. Hy het dit gedurende die nag gedoen omdat hy te bang was vir sy eie huisgesin en vir die stad se mense om dit gedurende die dag te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het G¡deon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Gideon het tien van sy slawe gevat en gedoen wat die Here hom beveel het. Hy het dit in die nag gedoen: hy was bang vir sy pa se familie en vir die stad se mense om dit oordag te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gideon het tien manne van sy dienaars geneem en gedoen wat die Here vir hom gesê het. Maar aangesien hy te bang was vir sy familie en die manne van die dorp om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon het tien van sy slawe geneem en hy het gedoen wat die Here vir hom gesê het. Hy was bang vir sy pa se familie en vir die mense van die stad, daarom het hy dit in die nag gedoen, nie in die dag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon het tien van die mense wat vir hom gewerk het, gevat en gedoen wat die Here gesê het. Omdat hy bang was vir die reaksie van sy eie familie en van die mense van die dorp, het hy dit in die donker gedoen. |