Judges 6:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En bou 'n altaar vir die HERE jou God op die top van hierdie rots, op die geordende plek, en neem die tweede bul en bring 'n brandoffer saam met die hout van die bos wat jy moet afkap.
Afrikaans (NLV) 2011 Kom bou dan ’n stewige altaar vir die Here jou God hier by hierdie skans bo-op die heuwel. Offer die bul op die altaar as ’n brandoffer. Gebruik die hout van die Asjerapaal wat jy afgekap het.”
Afrikaans 1933/1953 En bou vir die HERE jou God 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as 'n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.
Afrikaans 1983 Bou dan 'n netjiese altaar vir die Here jou God bo-op daardie versterkte plek en vat die bul en offer dit as brandoffer. Jy moet die hout gebruik van die gewyde paal wat jy afgekap het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bou dan vir die Here jou God 'n altaar op die hoogste punt van hierdie vesting – netjies gestapel. Neem daarna die tweede bul en offer hom as •brandoffer met die hout van die asjera wat jy gaan afkap.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir My, jou God die Here, 'n altaar bou op die hoogste plek in hierdie stad. Jy moet die klippe van die altaar netjies opmekaar pak. Jy moet die hout van die gewyde paal wat jy afgekap het, gebruik om vuur te maak, en dan moet jy die bul op die altaar offer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bou dan ’n behoorlike altaar vir die Here jou God op hierdie heuwel. Gebruik die hout van die Asjerapaal wat jy afgekap het om vuur te maak en offer die bul as ’n brandoffer aan My.”