Judges 6:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur in dieselfde nag dat die HERE vir hom gesê het: Neem jou vader se jong bul, die tweede bul van sewe jaar oud, en gooi die altaar van Baäl af wat jou vader het, en kap die bos af wat daardeur:
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Gaan vat jou pa se tweede beste bul, die een wat sewe jaar oud is. Breek jou pa se altaar vir Baäl af. Kap die gewyde paal vir Asjera daar langsaan af.
Afrikaans 1933/1953 En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.
Afrikaans 1983 Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Vat 'n groot bul, die sewe jaar oud bul van jou pa, sy tweede bul, breek jou pa se altaar vir Baäl af en kap die gewyde paal daar langsaan af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nog in daardie selfde nag het die Here vir hom gesê: “Neem die bul wat aan jou vader behoort, die tweede bul, wat sewe jaar oud is. Sloop die altaar van Baäl wat aan jou vader behoort. Die asjera wat langsaan is, moet jy afkap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Jy moet jou pa se bul vat, die bul wat sewe jaar oud is, en dan moet jy die Baäl-altaar van jou pa afbreek en die gewyde paal afkap wat daarby is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Vat jou pa se bul in die kraal, die een wat sewe jaar oud is. Breek dan die altaar af wat hy vir Baäl gebou het en kap die paal wat hy vir die godin Asjera opgerig het, wat langs die altaar staan, ook af.