Judges 6:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Gídeon daar 'n altaar vir die HERE gebou en dit genoem: JaHWeH, vrede; tot vandag toe is dit nog in Ofra van die Abiësriete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gideon het net daar ’n altaar vir die Here gebou. Hy het dit genoem “Die Here is Vrede”. Die altaar is nog al die tyd daar in Ofra van die Abiësriete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe bou G¡deon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete. |
| Afrikaans 1983 | Gideon het net daar 'n altaar vir die Here gebou en dit genoem: “Die Here gee rus!” Die altaar staan vandag nog in Ofra van die Abiësriete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gideon het toe daar 'n altaar vir die Here gebou en dit genoem “Die Here is vrede”. Tot vandag toe is dit nog daar in Ofra, wat aan die familie van Abiëser behoort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon het daar 'n altaar gebou vir die Here. Hy het die altaar genoem: “Die Here het gesê ek moenie bekommerd wees nie.” Daardie altaar is nog in Ofra, die familie Abiëser woon daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gideon het daar op die plek vir die Here ’n altaar gebou. Hy het dit genoem: “Die Here gee vrede.” Die altaar staan nou nog daar in Ofra in die gebied van die Abiësriete. |