Judges 6:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Gídeon bemerk dat hy 'n engel van die HERE was, het Gídeon gesê: Ag, HERE HERE! want omdat ek 'n engel van die HERE van aangesig tot aangesig gesien het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Gideon agterkom dat dit die Engel van die Here was, het hy hardop uitgeroep: “Ag tog, oppermagtige Here, ek het dan die Engel van die Here in die oë gekyk!”
Afrikaans 1933/1953 Toe G¡deon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê G¡deon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig!
Afrikaans 1983 Gideon het besef dat dit die Engel van die Here was, en hy het uitgeroep: “Ag, Here my God, ek het die Engel van die Here van aangesig tot aangesig gesien!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Gideon het besef dat dit die Engel van die Here was. Toe sê Gideon: “Ag, Here, my Heer! Want nou het ek die Engel van die Here van aangesig tot aangesig gesien! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gideon het besef dit is die Engel van die Here, en hy het gesê: “Ag, Here, my Here, ek sal sterf, want ek het regtig die Engel van die Here gesien, Hy was hier voor my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Gideon agterkom dat hy die Engel van die Here gesien het, het hy baie benoud gesê: “O, Here my God, ek het die Engel van die Here met my eie oë gesien. Nou is ek in groot moeilikheid!”