Judges 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en die vleis en die ongesuurde koeke aangeraak; en daar het vuur uit die rots opgegaan en die vleis en die ongesuurde koeke verteer. Toe het die Engel van die HERE van sy oë weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Engel van die Here het toe met die punt van die stok in sy hand aan die vleis en die brood geraak. Vuur het uit die rots opgevlam en die vleis en die brood weggebrand. Die Engel van die Here het toe verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë. |
| Afrikaans 1983 | en toe raak die Engel van die Here met die punt van die stok in sy hand aan die vleis en die brood. 'n Vuur het uit die rots uit opgevlam en die vleis en die brood verteer. Daarna is Hy van Gideon af weg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe steek die Engel van die Here die wandelstok in sy hand uit en raak met die punt aan die vleis en die ongesuurde brood. Vuur het uit die rots opgeslaan en die vleis en ongesuurde brood verteer. Die Engel van die Here het voor sy oë verdwyn, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe steek die Engel van die Here sy kierie uit en raak met die punt van die kierie aan die vleis en die brood. Daar het vuur uit die rots gekom en dit het die vleis en die brood verbrand. Toe het Gideon nie meer die Engel van die Here gesien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Engel van die Here raak toe met die punt van die stok wat Hy in sy hand gehad het aan die vleis en die brood. Skielik kom daar ’n vlam uit die rots uit wat die vleis en die brood heeltemal verbrand. Toe Gideon weer kyk, was die Engel van die Here weg. |