Judges 6:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hand van die Midianiete het die oorhand gekry oor Israel, en ter wille van die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die kuile gemaak wat op die berge is, en spelonke en vestings.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Midianiete het die Israeliete so hard behandel dat hulle die berge in gevlug het. Daar het hulle vir hulle skuilplekke in grotte en ontoeganklike plekke teen die Midianiete gebou.
Afrikaans 1933/1953 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.
Afrikaans 1983 Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke gaan bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hand van die Midianiete het swaar op Israel gerus. Vanweë die Midianiete het die Israeliete vir hulle skuilplekke in die berge ingerig, ook grotte en bergvestings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Midianiete het die Israeliete laat swaarkry. Die Israeliete het hulle goed vir die Amalekiete probeer wegsteek in grotte en in plekke in die berge waar mense nie maklik kon kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Midianiete het die Israeliete so wreed behandel dat hulle na die berge toe gevlug het waar hulle in grotte en ander moeilik bereikbare plekke gaan bly het.