Judges 6:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moenie hiervandaan weggaan nie, totdat ek na jou toe kom en my geskenk bring en dit voor jou neersit. En hy sê: Ek sal vertoef totdat jy terugkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Moet asseblief nie van hier af weggaan voordat ek na U teruggekom het om my offer hier voor U te kom neersit nie.” Die Here sê toe: “Ek sal hier vir jou wag tot jy terug is.”
Afrikaans 1933/1953 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom.
Afrikaans 1983 Moenie hiervandaan af padgee nie dat ek tog net gou 'n offer voor U kan kom neersit.” Toe sê die Here: “Ek sal wag tot jy terug is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet asseblief nie hiervandaan weggaan totdat ek by U terug is, my offer saamgebring en dit voor U neergesit het nie. ” Hy het geantwoord: “Goed, Ek sal bly totdat jy terugkom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Asseblief, moenie hier weggaan nie, ek wil eers na U toe kom en my present bring en voor U neersit.” Die Here het gesê: “Ek sal wag totdat jy kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet asseblief nie van hier af weggaan voordat ek terug is en vir U ’n offer kon bring nie.” “Ek sal wag tot jy terugkom,” het die Here geantwoord.