Judges 6:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir hom: Ek sal sekerlik met jou wees, en jy sal die Midianiete soos een man verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek is dan saam met jou!” het die Here vir hom gesê. “Jy sal al die Midianiete verslaan asof jy net teen een man veg.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.
Afrikaans 1983 Die Here het hom geantwoord: “Ek is by jou, en jy sal die Midianiete verslaan asof hulle nie meer as een is nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sê toe vir hom: “Omdat Ek met jou sal wees, sal jy die Midianiete verslaan asof hulle net een man is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Gideon gesê: “Jy sal dit doen omdat Ek by jou sal wees. Jy sal die Midianiete oorwin. Dit sal so maklik wees soos wanneer jy teen een man veg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Here: “Jy kan hulle red, want Ek gaan jou help. Jy sal die Midianiete so maklik verslaan asof dit net een mens is teen wie jy baklei.”