Judges 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n engel van die HERE gekom en gaan sit onder 'n terpentynboom wat in Ofra was, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort; en sy seun Gídeon het koring by die parskuip gedors om dit vir die Midianiete weg te steek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Engel van die Here het onder die eikeboom in Ofra kom sit. Dit het aan Joas van die Abiëserfamilie behoort. Sy seun Gideon was besig om onder op die vloer van ’n parskuip koring uit te slaan. Hy het daar vir die Midianiete weggekruip.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun G¡deon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.
Afrikaans 1983 Daarna het 'n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in 'n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het die •Engel van die Here gekom en gaan sit onder die terebintboom by Ofra, wat aan Joas van die familie van Abiëser behoort. Sy seun Gideon was juis besig om koring uit te slaan in die parskuip, om dit vinnig teen die Midianiete te beveilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Engel van die Here het gekom en het gaan sit onder die groot boom by die stad Ofra. Die plek het behoort aan Joas, 'n man uit die familie Abiëser. Joas se seun Gideon was besig om koring uit te slaan binne-in 'n parskuip. Hy het dit daar gedoen sodat die Midianiete dit nie kon sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het die Engel van die Here onder die eikeboom in Ofra gaan sit wat aan Joas die Abiësriet behoort het. Sy seun Gideon was besig om koring in die parskuip uit te slaan waar die Midianiete hom nie kon sien nie.